
2025

AARDBEWING IS #2 OP VAAL STEREO
14 NOV ’25
Die vorige nommer 1 treffer is steeds populêr op Vaal Stereo.
Na 5 weke is Aardbewing steeds besig om naam te maak op Vaal Stereo. Die enkelsnit het tydens die weeklikse Top 20 homself in die nommer 2 posisie bevind. Hou sosiale media dop vir die stem skakel.

AARDBEWING ONDERHOUD OP OVERVAAL STEREO 96.1
13 NOV ’25
Egmond gesels met Duncan oor die nuwe enkelsnit.
Aardbewing se tweede radio onderhoud is vandag om 11h15 uitgesaai op Overvaasl Stereo 96.1. Die onderhoud wat gevoer is deur omroeper Duncan Jansen van Rensburg, is gevolg deur die enkelsnit wat gespeel het. Duncan het uitgevra oor die liedjie se ontstaan, die boodskap, opname proses en ook wat volgende is. Egmond het die titels Stop en Iemand afgekondig as nuwe liedjies waaraan tans gewerk word. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

GLOBAL FM SPEEL AARDBEWING
8 NOV ’25
Die stasie propvol inspirasie speel die nuwe treffer.
Aardbewing is gespeellys op GFM wat wêreldwyn stroom. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

PARYS TOERISME RADIO SPEEL AARDBEWING
8 NOV ’25
Die Vrystaat gebaseerde stasie speel ook nou die nuwe treffer.
Aardbewing is onlangs gespeellys op Parys Toerisme Radio. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

AARDBEWING IS #1 OP VAAL STEREO
7 NOV ’25
Die splinternuwe treffer haal die nommer 1 posisie na slegs 4 weke.
Aardbewing se sukses op Vaal Stereo gaan van krag tot krag. Die enkelsnit het gisteraand tydens die stasie se weeklikse Top 20 sy buiging gemaak in die hoogste posisie, en Egmond is as Ster van die Week afgekondig. Vertel Egmond “ek was eintlik besig met ‘n onderhoud met mense in Amerika toe ons ‘n breek gevat het en ek my foon oopgemaak het en daar verras die nuus my – dit het skielik sommer deel van die onderhoud geword!” Die liedjie het sterk kompetisie en is weer in aanmerking om voor gestem te word in die nuwe week. Besoek die voorblad vir die skakel.

AARDBEWING ONDERHOUD OP JOU STASIE
4 NOV ’25
Egmond gesels met Rooies oor die nuwe liedjie, AI en nog meer.
Aardbewing se radio onderhoude is afgeskop met die eerste gesels oor die nuwe enkelsnit op die lug. Die onderhoud wat on 9h30 uitgesaai het op Jou Stasie, is gevoer deur Rooies, wat oor die sanger se skryf proses gepraat het, sy opinie oor AI en meer insig oor die nuwe treffer. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

AARDBEWING #3 OP VAAL STEREO TOP 20 VIR TWEEDE WEEK IN ‘N RY
30 OKT ’25
Die nuwe treffer staan sterk in die vorige wees se Top 3.
Aardbewing het vanaand weereens bewys dat dit ‘n gunsteling is vir Vaal Stereo luisteraars. Die Top 20 was weereens beklee met die enkelsnit in die nommer 3 posisie.

OVERVAAL STEREO 96.1 SPEEL AARDBEWING
25 OKT ’25
Die stasie wat vermaak in Afrikaans speel die nuwe treffer.
Aardbewing word van vandag af gespeel op Overvaal Stereo, en sal ook eersdaags ‘n onderhoud voer met Egmond. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

JOU STASIE SPEEL AARDBEWING
25 OKT ’25
Die Wes-Kaapse stasie vermaak hul luisteraars met die nuwe enkelsnit.
Aardbewing word van vandag af gespeel op Jou Stasie, en voer volgende week ‘n onderhoud met Egmond oor die nuwe treffer. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

AARDBEWING TREF #3 OP VAAL STEREO TOP 20
23 OKT ’25
Die nuwe treffer maak opskudding en spring met 10 posisies.
Aardbewing het vanaand Vaal Stereo se Top 20 verstom met ‘n sprong van die nommer 13 posisie na die fantastiese nommer 3 posisie. Dit is die hoogste posisie van Egmond se enkelsnitte. Die vorige hoogste posisie was 2024 se Spookasem wat die nommer 10 posisie gehaal het.

GALORE SA MEDIA DEEL AARDBEWING PERSVERKLARING
21 OKT ’25
Die top media entiteit deel die artikel aanlyn.
Aardbewing se persverklaring word deur Galore SA Media gedeel op hul sosiale media, asook hul webwerf. Lees die artikel aanlyn hier.

AARDBEWING GAAN INTERNASIONAAL
17 OKT ’25
Die nuwe enkelsnit speel op vier radio stasies in Nederland.
Aardbewing het reeds sy buiging gemaak op verskeie plaaslike radio stasies, maar Apple Music statistieke het gedeel dat die enkelsnit alreeds op vier stasies in Nederland gespeel het die afgelope week. Die stasies is Hofstreek FM 107.6, , Radio Spannenburg FM 96.4, ORTS 106.2FM en HOi FM.
UPDATE 8 NOV ’25: Nog Nederlandse stasies speel ook die enkelsnit, nl Sternet 105.4 FM, Dinxper FM, Radio 350, Radio Weststellingwerf Centraal, Tynaarlo Lokaal FM 105.9, RSO Radio en Omroep Eemsdelta.

VAAL STEREO SPOG MET AARDBEWING IN TOP 20
17 OKT ’25
Die nuwe enkelsnit maak sy debuut in die #13 posisie.
Kort op die hakke van dié stasie se vorige Top 10 treffer, Spookasem, maak Aaardbewing ook sy debuut in die Top 20 van Vaal Stereo wat die afgelope week die nuwe enkelsnit begin draai het. Die liedjie het sy verskyning gemaak in die nommer 13 plek. Stem skakels word op sosiale media gedeel.

IFM 102.2 FM SPEEL AARDBEWING
16 OKT ’25
Vaal Driehoek luisteraars kan nou nuwe enkelsnit op radio hoor.
Aardbewing word van vandag af gespeel op IFM 102.2 FM. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

VAAL STEREO SPEEL AARDBEWING
15 OKT ’25
Die stasie wat Spookasem ‘n Top 10 treffer gemaak het, speel nou die nuutste enkelsnit.
Aardbewing is van vandag af gespeellys op Vaal Stereo, waar die enkelsnit Spookasem ‘n groot treffer was, en steeds weekliks op die stasie gespeel word. Die enkelsnit is ook in aanmerking vir die Top 20 en luisteraars kan stem vir dit. Die skakel is op sosiale media geplaas.

WATERBERG STEREO SPEEL AARDBEWING
14 OKT ’25
Limpopo-luisteraars kan nou nuwe enkelsnit op radio hoor.
Aardbewing word van vandag af gespeel op die bekende Limpopo-gebaseerde Waterberg Stereo. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

GLANS DEEL AARDBEWING PERSVERKLARING
14 OKT ’25
Die geliefde vermaaklikheids platform deel die artikel op sosiale media.
Aardbewing se persverklaring, uitgereik deur Lydia Winchester, is vandag ook deur Glans gedeel op hul sosiale media. Lees die artikel op Facebook hier.

RADIO X5 STEREO SPEEL AARDBEWING
14 OKT ’25
Wes-Kapenaars kan nou luister na die nuwe enkelsnit op X5 Stereo.
Die internet gemeenskaps radio stasie, met ‘n basis in Albertinia in die Wes Kaap, het Aardbewing gespeellys. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

SKINDER & SOP DEEL AARDBEWING PERSVERKLARING
14 OKT ’25
Die gesogte vermaaklikheids blad deel die artikel op Facebook.
Aardbewing is vroeg dag reeds op sosiale media bespreek deur die bekende blad Skinder & Sop. Die persverklaring, uitgereik deur Lydia Winchester, is vandag op Facebook gedeel. Lees die artikel hier.

RADIO NAMAKWALAND 93.4FM SPEEL AARDBEWING
14 OKT ’25
Die stasie speellys die sanger se nuutste enkelsnit.
Radio Namakwaland is ‘n Christelike gemeenskapsradio in die suidelike dele van Namakwaland, wat reeds die afgelope 3 jaar die sanger se enkelsnitte deel met hul luisteraars, en Aardbewing is vandag ook op die stasie gelaai. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

RIEBEEK VALLEY RADIO SPEEL AARDBEWING
8 OKT ’25
Die radio stasie deel die enkelsnit met hul luisteraars.
Aardbewing het sy tweede debuut gemaak op radio. Riebeek Valley Radio het die nuwe enkelsnit gespeel vandag. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

VERDERE SUKSES OP APPLE MUSIC MET AARDBEWING
7 OKT ’25
Die enkelsnit maak naam op Apple Music.
Aardbewing is op nog ‘n Apple Music speellys geplaas vandag, naamlik die “New Music Daily” playlist wat ook die nuwe Taylor Swift album bevat. Verder is die enkelsnit gevind in die Top 200 Afrikaanse liedjies op Apple Music in die nommer 167ste posisie. Kry die nuwe treffer hier.

MAROELA MEDIA SPEELLYS AARDBEWING
7 OKT ’25
Die nuus reus lys die nuwe enkelsnit op hul Spotify playlist.
Aardbewing is gelys op Maroela Media se “Weeklikse Nuwe Vrystellings” speellys op Spotify vandag. Die lys, wat saamgestel word deur Pieter Cloete, kan hier gespeel word.

HARTIES FM SPEEL AARDBEWING
6 OKT ’25
Die radio stasie word die eerste om die nuwe enkelsnit te speel.
Aardbewing het sy debuut gemaak op radio vandag. Harties FM, wat reeds die afgelope 2 jaar die pop-rocker se musiek speel, het die splinternuwe treffer aan hul luisteraars gespeel. Skakel hier in en versoek die nuwe enkelsnit.

APPLE MUSIC SPEELLYS BEMARK AARDBEWING
4 OKT ’25
Die NEW IN AFRIKAANS speellys deel die nuwe enkelsnit op Apple Music.
Aardbewing word vandag die eerste Egmond enkelsnit wat deur Apple Music ingesluit word op hul NEW IN AFRIKAANS speellys. Die enkelsnit wat deur Next Music uitgereik is, kan nou gestroom word hier.

SPOTIFY SPEELLYS SLUIT AARDBEWING IN
3 OKT ’25
Die NUWE AFRIKAANS speellys deel die nuwe enkelsnit op Spotify.
Aardbewing word vandag die tweede enkelsnit wat deur Spotify ingesluit is op hul NUWE AFRIKAANS speellys. Die enkelsnit wat deur Next Music uitgereik is, kan nou gestroom word hier.

DIE AARDBEWING IS HIER
3 OKT ’25
Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle platforms.
Die nuwe treffer Aardbewing word vandag deur Next Music uitgereik op alle platforms wêreldwyd. Die enkelsnit spog met 3 weergawes van die treffer, insluitende die Radio Edit, wat ook om middernag vandag sy video premiere gehad het, die Video Mix, wat reeds bykans 3000 kykers op YouTube gelok het, en die Extended Mix, wat ideaal is vir die klub. Stroom of koop die nuwe treffer hier.

AARDBEWING RADIO EDIT MUSIEK VIDEO OPPAD
23 SEP ’25
‘n Alternatiewe weergawe word uitgereik om middernag 3 Oktober.
Die nuwe Aardbewing enkelsnit se uitreiking gaan ook gepaard gaan met die premiere van die “Radio Edit” weergawe op YouTube. Die “Radio Edit”, wat 2:55 lank is, in teenstelling met die Video Mix wat 3:15 lank is, word aan radio stasies landswyd gedeel met die uitreiking van die enkelsnit volgende maand. Stel jou kalender hier vir die alternatiewe video weergawe.

KUNSTENAAR ONDERSTEUNINGSBLAD DEEL AARDBEWING VIDEO
17 SEP ’25
Die gewilde platform wat Suid-Afrikaanse kunstenaars bemark deel die nuwe treffer.
Aardbewing kry verdere publisiteit voor die enkelsnit uitgereik word volgende maand met die plasing van die nuwe video op Kunstenaar Ondersteuningsblad op Facebook. Die blad, wat beman word deur Izak du Plessis, het reeds verskeie vorige enkelsnitte gedeel. Kyk hier na die plasing op Facebook.

AFRIKAANSE TREFFERS DEEL AARDBEWING VIDEO
16 SEP ’25
Die bekende Facebook blad deel die nuwe musiek video.
Met ‘n ledetal van oor die 70 duisend kry die nuwe Aardbewing musiek video groot blootstelling danksy Andries Laubscher, die blad se admin. Kyk hier na die nuwe plasing op die blad en word deel van die groep wat Afrikaanse musiek vier.

MUSIEK VIDEO VIR AARDBEWING NOU BESKIKBAAR
15 SEP ’25
Die nuwe musiek video premiere op YouTube.
Die tyd vir Aardbewing se debuut het uiteindelik opgedaag. Die splinternuwe enkelsnit wat volgende maand op alle stromings dienste beskikbaar gaan wees, het sy video premiere gemaak op YouTube om 7h00 vanoggend. Kyk hier na die nuwe treffer.
UPDATE 29 SEP ’25: Die video het reeds in 2 weke oor die 2000 kykers gelok op YouTube.

PYN ALTERNATIEWE VIDEO VRYGESTEL
14 SEP ’25
Die oorspronklike musiek video sien na 3 jaar die lig.
Een van die lang bespiegelde alternatiewe weergawes van die Pyn musiek video is uiteindelik publiek gemaak. Die weergawe, gedoop die “mirror version”, is onlangs as op sosiale media genoem tydens ‘n foto plasing, met die byskrif-vraag of aanhangers die video sal wil sien. Nou is die musiek video uiteindelik uitgereik en hier te sien.

“INSPO PLAYLIST” VIR AARDBEWING OP SPOTIFY
21 AUG ’25
Egmond deel die musiek wat hom geinspireer het tydens die opname proses.
‘n Nuwe playlist is op Spotify vrygestel wat oor die twee dosyn liedjies bevat van bekende kunstenaars. Die playlist, gedoop “Aardbewing Inspo Playlist” kan op die voorblad gespeel word, of hier direk op Spotify luister. Volgens die sanger is die liedjies deel van die reis wat op sy speellys was ten tyde van die opname en skryf proses. Aardbewing se ouer boetie, Spookasem, is natuurlik ook op die speellys te vinde.

MAAK REG VIR DIE AARDBEWING
16 AUG ’25
Die lang bespiegelde enkelsnit is oppad.
Kort op die hakke van die Jy’s In Paradys remake breek die nuus dat die volgende enkelsnit se musiek video vandag opgeneeem is. Fotos van agter die skerms is op sosiale media gedeel. Dit kan ekslusief bekend gemaak word dat dit inderdaad Aardbewing is wat ‘n video voor opgeneem is. Lees meer oor die nuwe snit hier.

REMAKE VIDEO GEWILD OP YOUTUBE
8 AUG ’25
Die nuwe musiek video vir Jy’s In Paradys haal nuwe hoogtes ‘n week na sy vrystelling.
Skaars 7 dae sedert die enkelsnit uitgereik word, spog die splinternuwe musiek video met meer as 7000 kykergetalle op die platform YouTube. Kyk na die gewilde musiek video hier.
UPDATE 19 SEP ’25: Die video staan tans duskant die 8000 kykergetalle op YouTube.

NUWE REMAKE IS DIE VOLGENDE ENKELSNIT
3 JUL ’25
Die Jy’s In Paradys remake word op 1 Augustus uitgereik.
As deel van die 10de herdenking feesvieringe vir die 1 Dosyn Revisited album, word die enkelsnit Jy’s In Paradys as remake uitgereik. Die oorspronklike 2015 weergawe met Slay (aka Algorrid3m), het in 2024 as remake verskyn op die deluxe Karnaval album en maak nou uiteindlik sy buiging as enkelsnit. Lees meer hier. Kyk hier na die nuwe lirieke video.
UPDATE: Presave die musiek video hier.

EERSTE TREFFERS ALBUM KRY 10DE HERDENKING
2 JUL ’25
Die 12 stuk album sluit nuwe weergawes in van vroeë treffers.
Die oorspronklike 2015 album 1 Dosyn kry nuwe lewe in die 10de herdenkings uitreiking wat op 15 August 2025 die lig sien. Die album, wat al 12 titels van die oorspronklike speelorde insluit, word in ‘n nuwe formaat aangebied, met remasters, remixes en heropnames van 10 van die liedjies. ‘n Enkelsnit, die onlangse remake van Jy’s In Paradys, sal volgende maand uitgereik word voor die album vrystelling.

SKINDER & SOP SHARES PRESS RELEASE
19 JUN ’25
The new single’s press release is making its rounds on social media.
The entertainment news personality, Skinder & Sop, shared the new press release for Egmond and Candy Nm’s collab Mjolo Nex (Don’t Wanna Die) on their social media today. Read the article here.

GLANS SKRYF OOR NUWE DUET
19 JUN ’25
Die Candy Nm produksie maak naam op sosiale media .
Vermaaklikheids entiteit Glans het ‘n rubriek geplaas oor die splinternuwe enkelsnit op Facebook, Mjolo Nex (Don’t Wanna Die). Lees die artikel hier.

EGMOND x CANDY SINGLE HITS 1K ON SPOTIFY
6 JUN ’25
The new single has proven to be a hit on Spotify.
The collaboration between Candy Nm and Egmond has reached its first milestone just 7 days after its release. Mjolo Nex (Don’t Wanna Die) has officially crossed its first 1000 streams on the streaming platform Spotify. “The song started out slowly but picked up momentum in the last few days,” says Egmond, who excitedly shared the progress with Candy Nm all week long. “It’s a thrill to finally make it!”
Follow Candy Nm here. Stream the single here.

EGMOND x CANDY NM DELIVERS SWEET AFRICAN SOUNDS WHERE KOEKSISTER POP MEETS URBAN VIBES
30 MAY ’25
Read the official Press Release for the new collaboration.
A brand new collaboration between two different sides of the musical coin promises a new genre of South African sound with this unexpected nuanced ode to love. Famed beats master Candy Nm brings his charm and wit to the kaleidoscope production featuring Afrikaans koeksister pop-rocker Egmond. The enticing earworm, Mjolo Nex (Don’t Wanna Die), sticks around long after the less than 3-minute bopper has stopped. Read the full press release here.
Follow Candy Nm here. Stream the single here.

NEW MUSIC VIDEO OUT NOW
30 MAY ’25
The official music vide premiered at 5am on May 30th, 2025 on YouTube.
Mjolo Nex (Don’t Wanna Die), the new collaboration with Candy Nm, is accompanied with a brand new music video that premiered today, 3 hours prior to the announced release time The video was filmed by both artists and produced by Egmond. Watch the music video here.

CANDY NM ANNOUNCES NEW COLLAB
26 APR ’25
Acclaimed South African artist reveals a surprise collab with Egmond on social media.
An unexpected collaboration has been announced on social media today between popular South African muso Candy Nm, and Afrikaans pop-rocker Egmond. The track, which Egmond describes as an exciting mix of true African sounds and urban vibes, made a cameo on Candy Nm’s Instagram stories, where a snippet of Egmond’s vocals recorded today were revealed. Photos from Egmond’s recording sessions in KZN were also shared on both artists profiles. Another tease from 3 days ago gives a look at Candy Nm’s epic vocals, which Egmond says blew him away. “It was the biggest honour when I received the invitation to be part of the project.” While the collab has been teased by Egmond since this past Friday, he mentions that this specific song wasn’t the one he referred to. “I got two different songs to work on, with one that already has a demo recorded, and two of my songs were submitted for a remix by Candy Nm. When this one arrived out of the blue, it pressed pause on everything else and jumped the queue. I cannot wait for folk to hear this banger!” The song is currently in production and is set for release soon. Follow Candy Nm here.
UPDATE 12 MAY ’25: Another snippet of Egmond’s vocals were teased earlier today while the single sleeve was revealed on socials.

ULTIMATE PLAYLIST NOU OP SPOTIFY
9 APR ’25
‘‘n Volledige speellys van Egmond se enkelsnitte nou beskikbaar.
Die gewilde platform Spotify het vandag ‘n speellys beskikbaar gelys wat die kunstenaar saamgestel van al die enkelsnitte wat strek van 2003 se This Morning tot die 2024 treffer Spookasem. Luister nou op die voorblad of kliek hier.
