
Die nuutste album vir die koeksister pop sensasie is die skouspelagtige Karnaval. Die album wat die nuwe treffer Spookasem bevat, spog ook met vorige radio gunstelinge Ongelooflik (ft Kaley) en die Afri-Indie genomineerde Pyn (ft Kaley).
Die titel is reeds in 2018 gekies vir die projek waarop Spookasem homself bevind, nadat die woord opgeduik het in die lirieke. Die album looporde het verskeie maal verander tydens die opnames. Vertel Egmond, “daar het soveel fantastiese en onverwagte goed gebeur wat die besluitmakings proses moeilik gemaak het. Party mylpale was net te onvergeetlik om te ignoreer, en so het twee weergawes van die album ontstaan.”
Die standaard weergawe sluit die pop-rocker se Afrikaanse treffers in wat die laaste 2 jaar groot naam gemaak het regoor die land, en steeds weekliks op plaaslike radios speel.
Vir die Deluxe weergawe, is daar vier bonus Afrikaanse treffers bygelas, insluitende ‘n nuwe remake van die 2015 treffer Jy’s In Paradys, asook twee Engelse enkelsnitte, nl. die nuutste remix treffer Everything We Say (ft Sandy Robbie & Algorrid3m), en die 2017 remix van Better Days (ft Algorrid3m) wat opspraak gemaak het in Brittanje vroeg 2024. Dit was juis laasgenoemde liedjie se “laat” sukses oorsee wat die deluxe weergawe van Karnaval laat ontstaan het.
Om verder te onderskei tussen die twee weergawes van die album, is die hoof kleur van die omslag verander van pienk na blou spookasem. Die enkelsnit Encore (Op Die Radio) se Single Version en Album Version word elk op ‘n weergawe van die album geplaas.
Die album is geproduseer deur Sandy Robbie in Australië, met addisionele produksie deur Algorrid3m op die Engelse snitte. ‘n COLLECTORS LP en CD is van beide die EP en Deluxe weergawe uitgereik in vroeg 2026. Die twee weergawes van Spookasem is omgeruil op die fisiese media teenoor die digitale weergawes.
Tracklisting
1) Spookasem
2) Ongelooflik (ft Kaley)
3) Encore (Op Die Radio) [Single Version]
4) Pyn (ft Kaley)
Enkelsnit
Tracklisting – Deluxe
* Bonus Tracks
1) Spookasem [Album Version]
2) Kom Red My [2015 Remake] *
3) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) *
4) Jy’s In Paradys (ft Algorrid3m) [2024 Remake] *
5) Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) [Remix] *
6) Better Days (ft Algorrid3m) [Algorrid3m Remix] *
7) Ongelooflik (ft Kaley)
8) Encore (Op Die Radio) [Album Version]
9) Pyn (ft Kaley)
10) Koebaai *
STROOM KARNAVAL – EP
STROOM KARNAVAL – DELUXE
Opgeneem tussen September 2013 – September 2024.
Finale produksie deur Sandy Robbie, behalwe (5 &6) ook deur Algorrid3m.
- Algorrid3m verskyn op DJ, Better Days en Everything We Say.
- Kaley verskyn op Ongelooflik en Pyn.
- Anne-Marie Burger & Ian Müller verskyn op Ongelooflik.
- Anne-Marie Burger verskyn op Spookasem.
- Sandy Robbie verskyn op DJ, Everything We Say.
© Kopiereg SAMRO





