Die inspirasie vir Spookasem het gekom in die vorm van ‘n ongebruikte backtrack vir die 2018 enkelsnit Koebaai. Volgens die pop-rocker het daardie weergawe ‘n opwindende elektriese kitaar intro-riff gehad wat Egmond se aandag getrek het. ‘n Melodie het gevorm en die eerste twee verse is geskryf op ‘n stukkie papier.

In die volgende paar maande het die melodie vir die refrein opgedaag in die vorm van ‘n soetsappige lekkerny – pienk spookasem! Dit was die titel wat die sluise opgemaak het en die woorde het net gevloei. Die verse en die refrein is aanmekaar geslaan en ‘n demo is opgeneem. Daar was iets anders aan die liedjie wat uitgestaan het wat die kunstenaar opgewonde gehad het. In die CD boekie van Sirkus Applous word Spookasem afgekondig as ‘n opkomende opname, maar toe die pandemie tref in 2020, word dié liedjie op ys geplaas saam met ander nuweling Aardbewing.

Toe kom die Koeksister Pop album in 2023. Die plan was om naas Pyn, Everything We Say en Ongelooflik, ook die liedjies Spookasem, Aardbewing en Iemand daarop in te sluit, maar daar was te min tyd oor om alles gereed te hê vir die Junie uitreiking. Om die laaste plek te vul op die album moes daar gekies word tussen Ongelooflik of Spookasem, en die soetsappige liefdes liedjie moes vir eers plek maak vir Ongelooflik wat sedert 2008 geveg het om ‘n volwaardige opname te kon kry.

Die publiek se reaksie op daardie besluit was heel toevallig die regte motivering om nog ‘n polsende nommertjie op te neem en Spookasem se tyd het aangebreek om uiteindelik die studio te betree. Maar voordat Spookasem studio toe gestuur is, het die sanger weer in Augustus na die struktuur van die snit gekyk. Die verse word vervang deur ‘n nuwe wysie van ‘n onvoltooide liedjie wat hy skaars 6 weke tevore geskryf het. Die half-voltooide snit, tentatief getiteld OK, Bye, was geinspireer deur die sosiale media ikoon Sami Hall. Die wysie het bypassende lirieke gekry vir die nuwe verse . Met die nuwe struktuur in plek word daar na 5 jaar ‘n finale demo opgeneem en ingedien aan producer Sandy Robbie in Australië.

In September 2023 kry die verwerkte demo ‘n guide backtrack met Sandy Robbie wat die wysie sing om verdere veranderinge aan te dui aan die melodie. Egmond maak ‘n last-minute verandering aan die lirieke en vervang “gunsteling ou plaat” met “Roxette se Joyride plaat” om sy liefde weereens vir die groep te beaam. Die opnames word tydelik gestaak terwyl daar promosie gedoen word vir die remixes enkelsnit van Everything We Say, en in Mei 2024 word die opnames voorgesit terwyl daar op radio onderhoude verwys word na die opkomend treffer.

Kaley word tydens verskeie onderhoude bevestig as deel van die projek, maar luidens die opkomende persverklaring is daar ‘n ander roete gevolg wat tydens die liedjie se bekendstelling afgekondig word as die AI-stemme van Katy Perry en Miley Cyrus. Egmond se stem opnames is in laat Junie opgeneem terwyl daar ook video opnames gedoen word vir ‘n “agter die skerms” video. Die musiek video word in laat Julie opgeneem, en die omslag word kort daarna bekendgestel. Verdere opnames vind in Augustus plaas. Die eerste fotos van die musiek video word dieselfde maand op sosiale media vrygestel. Nog opnames het in September gevolg toe ‘n addisionele refrein vir die liedjie geskryf word. Die enkelsnit is op 11 Oktober 2024 uitgereik en is voorafgegaan met die “agter die skerms” video die dag voor die tyd.

Die persverklaring verskyn eerste op Die Waarheid se webwerf, gevolg deur Glans, terwyl Bay FM, Harties FM en Riebeek Valley Radio, die eerste stasies in Suid Afrika is wat die liedjie begin roteer. Streektaal Radio in Nederland en HOSA Radio speel ook die nuwe enkelsnit, en Waterberg Stereo laai die liedjie op hul speellys. Spotify plaas die enkelsnit op hul NUWE AFRIKAANS speellys, en die liedjie haal 1000 strome slegs 4 dae nadat dit uitgereik is. Maroela Media plaas die enkelsnit ook op hul speellys van NUWE LIEDJIES WAARVAN JY MOET WEET. Die eerste onderhoud volg skaars 10 dae nadat die enkelsnit uitgereik is op Ramkat Radio, met Jou Stasie wat die dag daarna die volgende onderhoud voer. Radio Eendrag, Vaal Stereo, Global FM, Parys Tourism Radio en 93.4FM Namakwaland speel ook die enkelsnit. Naskryf se aanlyn tydskrif publiseer ook ‘n artikel oor die nuwe enkelsnit in Oktober. Spookasem word opgeneem in die Top 20 van Vaal Stereo en maak sy debuut in die nommer 15 posisie. Onderhoude in November sluit in Vaal Stereo, Overvaal Stereo, Radio Laeveld en 93.4FM Namakwaland. Kort na die Radio Laeveld Radio Namakwaland onderhoud tref die nuwe treffer oor die 3000 strome op Spotify. Nog onderhoude volg op Caledon FM en Overberg Stereo mid November. Die liedjie bereik die Top 10 op Vaal Stereo laat November, en haal 4000 strome op Spotify. Desember skop af met die eerste onderhoud op Jou Radio, kort gevolg met Egmond se terugkeer op Radio Kragbron, 16 jaar nadat hy sy laaste onderhoud op die stasie gehad het.

“SPOOKASEM” IS NOU BESKIKBAAR

In die piekniek van my drome, speel jy Roxette se Joyride plaat. In jou oë raak ek verlore, jy is die ritme van my hart. Ek het klaar vir jou geval. Gister by die karnaval. Jy proe net soos spookasem, en my bril is opgewasem, jy het my gevoelens weggevoer, na jou lippe toe waar myne boer. Sag komberse onder bome. Lyk my die sonsak hardloop laat. Selfs die wind huil idiome. Dit raak romanties hier vanaand. Ek het klaar vir jou geval. Gister by die karnaval. Jy proe net soos spookasem… Jy’s soet soos pienk spookasem, ek snak nog na my asem. Jy’s my rollercoaster avontuur wat my hart draai op ‘n Ferris Wheel….

Woorde: Egmond Musiek: Egmond & Sandy Robbie
© Kopiereg SAMRO