


Terwyl die debuut album Ongevraagde “Hello” opgeneem was, het die idee onstaan om ‘n “ekstras album” uit te reik wat as ‘n ‘companion release’ sou dien. Die demo opname van Dis Elektries in 2006 by sy oom in Rooihuiskraal, was ‘n teer puntjie vir die sanger op daardie stadium. Die liedjie was treffend, maar iets het gekort, en dit was nie debuut album materiaal werd nie. Toe onstaan die idee om dit en ‘n paar ander liedjies soos ‘n bonus disc uit te reik, en van daar af het dit ontwikkel in die susters album. Alhoewel die album reeds in 2007 voltooi was, is dit teruggehou tot die debuut album in 2008 uitgereik was.
Die idee van die omslag het gesinspeel op die Roxette remix album Dance Passion, en omdat die debuut album ook homage getoon het aan hul debuut Pearls of Passion, was dit vir die sanger ‘n eenvoudige keuse. “Roxette is my gunsteling musiek groep, en ek wou eer betoon aan hulle begin.” Daar is 50 CDs van die album gedruk en te koop aangebied op Egmond.Co.Za op die uitreikings dag skrikkeljaar 2008. Die album was ook te koop op RhythmRecords.Co.Za.
‘n Paar jaar later het die debuut album begin aandag trek en is die eerste en tweede reissues van die album uitgereik in 2010 en 2011. Een middag in Junie 2012, terwyl Egmond ‘n tweet uitgestuur het oor demos waarop hy afgekom het, word die idee vir ‘n nuwe weergawe van sy 2008 “ekstras album” gebore. “Na die debuut album het werk begin vir die opvolg studio album Vuil Wasgoed. Maar ek het skielik verhuis kort nadat die eerste enkelsnit vir daardie album uitgereik was. Planne vir die verdere opnames van Vuil Wasgoed was onverwags vir ‘n wyle op ys geplaas.”
“Ek het toe op ‘n dag afgekom op ‘n boks vol demos.” ‘n Handjie vol ongebruikte en alternatiewe weergawes van snitte op die debuut album het Egmond se oog gevang en gesmeek om bekend gestel te word. Na ‘n klomp e-posse Suid Amerika toe vind die EP vorm en word Ongevraagde “Ritmes” se idee weer besoek. In Julie 2012 word dit aangekondig op Facebook as ‘n nuwe opkomende uitreiking. Die nuwe formaat het geen van die oorspronklike titels ingesluit nie en ‘n nuwe omslag is ontwerp wat sou pas by die album se bemarkings veldtog.
Die eerste enkelsnit wat uitgereik was heet Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix). Die liedjie verskyn in 2 vorms op die EP. ‘n Tweede enkelsnit, Jy’s In My Bloed, spog met die stem van die superster Glenda Millar van Clout. Die idee van die EP was om luisteraars ‘n alternatiewe kyk te gee na die debuut album. Ongelooflik, wat oorspronklik deel sou vorm van die 2011 debuut album maar later verwyder is, rond die 6-stuk EP af wat bestaan uit ‘ander’ weergawes van Egmond se liedjies wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie. Die snit se Ruddah.Com remix het wel verskyn op die 2010 album weergawe, maar is saam met die album afgetree en verskyn weer uiteindelik hier op ‘n versameling.
Die “Deel 2” van Dis Elektries is ‘n solo ‘house’ weergawe wat reeds in 2007 opgeneem is, maar onttrek is van die debuut album nadat die snit in ‘n duet verander is met Yolandi. Nog ‘n snit wat aandag trek op die album is die insluiting van die voorheen onbeskikbare solo weergawe van Brug Lelies. Na die sukses van Dis Elektries (feat Yolandi) het ‘n nuwe weergawe van Brug Lelies verskyn op die album met Yolandi ook deel daarvan. Die juweel het dus verdwyn vir ‘n tydjie maar het te danke aan die Ongevraagde “Ritmes” EP uiteindelik sy plekkie in die son gekry.
In 2021 was daar beplan om ‘n 10 jaar herdenkings weergawe van die album uit te reik, maar die projek is gekanselleer. Die enkelsnitte Ongelooflik en Jy’s In My Bloed sou beide in nuwe vorm verskyn op die album, asook die 2021 Version van Mors (wat wel uitgereik was as losstaande enkelsnit). Na die kansellasie van die projek, is Ongelooflik nogsteeds benader en vir die Koeksister Pop album opgeneem en uitgereik as ‘n enkelsnit in 2023.
Tracklisting 2008
1) Dis Elektries (Demo)
2) Gee Voor Jy Groet (Badkamer Mix)
3) V’more (Mariano Suarez Remix)
4) Gister (Demo)
5) Jy’s In My Bloed (Zing Mix)
6) Mors (Opgemorsde Mix)
7) As Jy Wil (Demo)
Tracklisting 2012
1) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
2) Dis Elektries [Deel 2]
3) Jy’s In My Bloed (ft Glenda Millar)
4) V’more [Extended Weergawe]
5) Brug Lelies [Solo Weergawe]
6) Ongelooflik (Ruddha.Com Mix)
Enkelsnitte


KRY “ONGEVRAAGDE ‘RITMES'” HIER
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (5) musiek ook deur Nathi Louw.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Okt 2012.
• Opnames gedoen by Air Studios.
• Finale produksie en meng deur Bernie Millar.
• Remixes behartig deur Arnaldo Suarez (1) en Ruddha.com (6).
• Oorspronklike produksie en programering deur Egmond (1), Thabang Makoe en Kgotso Shomang (2).
• Agtergrond stemme deur Glenda Millar (3 & 4).
• Kitaar deur Sandy Robbie (1 – 4, 6).
• Kitaar deur Nathi Louw en Tshepo Mohapi (5).
© Kopiereg SAMRO