

Die Suid-Afrikaanse pop-rocker vier sy 2de dekade in die musiek industrie met ‘n 20 stuk treffers album. Die versameling spog met 3 splinternuwe opnames, almal onder die direksie van Sandy Robbie, asook verdere ondersteuning deur die Australiaanse nagtegaal Kaley.
Die album word geopen met die pop-rocker se gunsteling – die nuwe dans nommer Ongelooflik (ft Kaley). Vir die wat reeds die kunstenaar volg sedert sy “early days”, weet dat daar reeds in 2008 gepraat is oor die titel, wat uiteindelik in 2012 die lig gesien het as ‘n remix deur Arnaldo Suarez van Argentinië. Daardie weergawe het opslae gemaak met ‘n skok Halloween video wat selfs Channel24 geplaas het op ‘n ‘gedugte lys’. Vir die album kry Ongelooflik uiteindelik ‘n waardevolle studio opname wat luisteraars sal laat regop sit.
Pyn (ft Kaley) en “The Sandy Robbie Remake” van die 2020 enkelsnit Everything We Say is die ander nuwe opnames waarmee die album reeds in Desember 2022 afgeskop is. Laasgenoemde snit spog ook met ‘n nuwe produksie wat nog lewe blaas in die polsende melodie. Die dans nommer met Algorrid3m word verder gevat met Kaley wat die refrein ophelder. Pyn, die Afrikaanse ballade, en hartroerende duet met Australiaanse sangeres Kaley, het reeds sedert Januarie 2023 radio golwe landswyd aan die brand.
Alhoewel die pop-rocker se heel eerste enkelsnit, This Morning, nie ingesluit word nie, is daar ‘n nuwe remastered ‘single-edit’ weergawe op die 20ste herdenking van die liedjie as enkelsnit uitgereik met ‘n handjievol bonus snitte en ‘n nuwe musiek video. Die Afrikaanse weergawe, V’more, wat Egmond se eerste Afrikaanse enkelsnit was in 2003, is hier ingesluit en ‘n 20ste herdenking van die snit is ook uitgereik. Mors, die 2de Afrikaanse enkelsnit, se 20ste herdenking uitreiking is in Februarie 2024 uitgereik.
Verskeie van die die treffers se remastered weergawes word ingesluit, insluitende ‘n 2023 remaster vir die #1 treffer Melkweg Reënboog. Daar is boonop die afgelope vier jaar gewerkskaf aan ‘n EPK vir die album, wat nes die versameling, fokus op die sanger se twintig jaar in die industrie, met ‘n kykie na sy loopbaan, hoogtepunte en meer. Die EPK is uitgereik ‘n maand voor die album se bekendstelling.
Koeksister Pop – Grootste Treffers is die perfekte samevatting van die pop-rocker se loopbaan die afgelope 20 jaar. Deel Egmond, “ek is baie trots op die album. Elke liedjie het sy plek hierop verdien. Die titel is verander ‘n paar weke voor die album uitgereik is. Elke radio onderhoud tydens die bemarking vir Pyn het gesinspeel op die woordkeuse, en dit het my musiek perfek beskryf. Hoekom dan nou nie verwys na die soetsappige eg Suid-Afrikaanse versnappering nie?” Die album is op 30 Junie 2023 uitgereik.
In April 2024 word ‘n nuwe remixes enkelsnit uitgereik vir Everything We Say, na die onlangse sukses van die Better Days remix enkelsnit in Brittanje. Die liedjie is die laaste uitreiking vir die Koeksister Pop album en spog ook met ‘n nuwe musiek video.
‘n Limited Edition CD weergawe van die album was te koop gewees tydens 2023 en het naas al 20 treffers, ook ‘n 8-bladsy CD omslag ingesluit met meer informasie oor al die hoogtepunte.


Tracklisting
1) Ongelooflik (ft Kaley)*
* Nuwe opnames / New recordings
2) Pyn (ft Kaley)*
3) Encore (Op Die Radio) [Single Version]
4) Kom Red My [2015 Remake]
5) Koebaai
6) Vlieg (Duet met Yolandi)
7) Melkweg Reënboog [2023 Remaster]
8) Better Days (ft Algorrid3m)
9) Everything We Say *(ft Kaley, Algorrid3m) [The Sandy Robbie Remake]
10) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
11) Hello
12) Dis Elektries (ft Yolandi) [2021 Remake]
13) Brug Lelies (ft Yolandi) (Single Edit)
14) Paradys (ft Algorrid3m)
15) V’more (2021 Remaster)
16) Mors (Single Edit)
17) Gee Voor Jy Groet (Single Edit)
18) As Jy Wil (2021 Remaster)
19) Iewers (Single Edit)
20) Reën Aan Die Brand Steek [2016 Remake Single Edit]
Enkelsnitte / Singles




KRY “KOEKSISTER POP” HIER
Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (2, 8, 9, 10 & 14) musiek ook deur Algorrid3m, (1, 2 & 5) musiek ook deur Sandy Robbie en (13) musiek ook deur Nathi Louw.
Opgeneem tussen Junie2003 en April 2023.
• 13, 15, 16, 17, 18, 19 vanaf Ongevraagde “Hello”. Sien besonderhede hier.
• 6, 14 vanaf Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• 4, 7, 10, 20 vanaf Nog Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• 5 vanaf Sirkus Applous. Sien besonderhede hier.
• 8 vanaf Lights Blinding. Sien besonderhede hier.
• 11, 12 vanaf Ongevraagde “Hello” 2.0. Sien besonderhede hier.
• 3 vanaf Sirkus Applous Encore. Sien besonderhede hier.
Everything We Say opgeneem tussen November 2017 & November 2022 deur Algorrid3m & Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
Ongelooflik opgeneem tussen November 2022 & April 2023 deur Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
Pyn opgeneem tussen April & November 2022 deur Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
Album geproduseer deur Sandy Robbie, behalwe (4) ook deur Kundai Vera, (6) ook deur Duncan Todd en Bernie Millar, (13, 15 & 18) deur Bernie Millar, (8, 9, 10 & 14) ook deur Algorrid3m, (10, 14 & 20) ook deur Marc Skarda, (12) ook deur Pieter de Bruin, (16 & 19) deur Renier Henn, (17) deur Renier Henn en Bernie Millar.
- Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg en Dis Elektries.
- Algorrid3m verskyn op DJ, Paradys, Better Days en Everything We Say.
- Kaley verskyn op Everything We Say, Ongelooflik en Pyn.
- Anne-Marie Burger & Ian Müller verskyn op Ongelooflik.
- Glenda Sixel verskyn op V’more.
- Esti Henn & Marisela verskyn op Gee Voor Jy Groet.
- Nathi Louw en Tshepo Mohapi verskyn op Brug Lelies.
- Sandy Robbie verskyn op DJ, Everything We Say en V’more.
© Kopiereg SAMRO