
2024

EGMOND TERUG OP RADIO KRAGBRON
9 DES ’24
Die onderhoud met Andre Retief bespreek die musiek video, lirieke en produksie in Australië.
Die tweede onderhoud vir Desember maak geskiedenis met Egmond se terugkeer op Radio Kragbron, 16 jaar na die vorige onderhoud tydens die debuut album se bekenstelling. Die onderhoud het alle aspekte van die liedjie se bestaan bespreek, asook die sanger se liefde vir Roxette se Joyride album, die AI gebruik van Miley Cyrus en Katy Perry, en wat volgende is vir die pop-rocker. Luister hier na die stasie.

#SPOTIFYWRAPPED 2024
4 DES ’24
Die jaar eindig op ‘n hoë noot op Spotify.
Die jaarlikse #SpotifyWrapped het die resultate gepubliseer vir Egmond se Spotify profiel die afgelope jaar. Suid-Afrika was natuurlik die land waar sy musiek die mees populêrste was, gevolg met die UK, USA, Australië en Namibië. Spookasem was die jaar se top liedjie met 1.42K luistereraars. Die platform het ook merkwaardige groei getoon, met +1850% op luisteraars teenoor verlede jaar, +1195% op strome, +621% op Playlists, +66% meer followers en +593% meer Canvas Views.

APPLE MUSIC REPLAY’24
3 DES ’24
iTunes deel die jaar se sukses op die platform.
Egmond se Apple Music profiel se resultate is in! Die platform het die statistieke gedeel vir kunstenaars om op sosiale media te plaas. Namibië spog as die land waar Egmond se musiek die populêrste was. Kom Red My (2015 Remake) is die top liedjie van die jaar, terwyl Spookasem die meeste Shazam resultate gebied het. In totaal is 446 minute se musiek gespeel die jaar in 11 lande.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP JOU RADIO
2 DES ’24
Egmond gesels met omroeper Rudolph Pretorius oor die nuwe liedjie.
Spookasem maak sy debuut op Jou Radio na ‘n lekker kuiertjie oor die lekkerny naamgenoot. Die onderhoud het die jaar se hoogtepunte bespreek asook wat 2025 inhou, met die eksklusiewe nuus dat daar ‘n ander nuwe liedjie op die horison is getiteld Stop. Dring aan op Spookasem en besoek die radio stasie se webwerf.

SPOOKASEM IS #10 OP VAAL STEREO TOP 20
21 NOV ’24
Die liedjie bereik nuwe hoogtes op die treffer parades.
Vaal Stereo het hul Top 20 bekend gemaak en Spookasem het die treffer parades betree in die nommer 10 posisie. Stem informasie vir die volgende week binnekort beskikbaar.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP RADIO OVERBERG
18 NOV ’24
Egmond gesels met omroeper Anne-Marie Burger – mede ster op die treffer.
Spookasem, asook die omroeper self, is bespreek op Radio Overberg vandag in die nuutste onderhoud oor die nuwe treffer. Die omroeper Anne-Marie Burger het skielik aan die ontvang kant gestaan tydens die onderhoud toe Egmond aankondig dat sy deel is van die liedjie en dat sy wel die stem is wat praat tydens die musiek breek. Luister hier na die onderhoud.

KARNAVAL EP & DELUXE ALBUM
15 NOV ’24
Die feesvieringe duur voort met twee weergawes van die nuwe Karnaval projek.
Terwyl Spookasem sukses op radio en stroom platforms behaal, volg die nuwe album in twee formate. ‘n Verkorte EP sluit in die 4 Afrikaanse treffers van die afgelope twee jaar, terwyl die Deluxe Album ‘n 10 stuk versameling is met die nuwe remix treffer vir Everything We Say, asook die groot internasionale remix treffer Better Days. Kry die Karnaval EP hier en die Deluxe Album hier. Beide word vandag uitgereik op alle digitale platforms. Lees meer oor die projek.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP CALEDON FM
12 NOV ’24
Egmond gesels met omroeper Piet Obies.
Spookasem is bespreek op Caledon FM tydens die 17:30 onderhoud vandag met Piet Obies. Die liedjie is geprys vir sy puik produksie en sal binnekort op die stasie se speellys geplaas word. Luister hier na die onderhoud.

SPOOKASEM HAAL 3K STREAMS OP SPOTIFY
8 NOV ’24
Die suikersoet treffer behaal verdere sukses op die stroom platform.
Spookasem het skaars 5 dae vantevore 2000 strome getref op Spotify, en verras vandag dat dei stroom platform nog ‘n addisionele 1000 luister sessies ingepalm het. Die liedjie het reeds die 3100 getal verby gesteek en dit is duidelik daar is geen keer aan die nuwe liedjie se sukses nie. Stroom Spookasem hier op Spotify.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP 93.4FM NAMAKWALAND
8 NOV ’24
Egmond gesels met omroeper Adele de Waal.
Die nuutste onderhoud oor Spookasem is op die gewilde stasie Radio Namakwaland. Die onderhoud het oor die liedjie se skryf proses gegaan en Egmond het ook ‘n spesiale boodskap aan sy aanhangers gestuur tydens die gesprek. Luister hier na die stasie.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP VAAL STEREO
7 NOV ’24
Die stasie saai die onderhoud uit voor die weeklikse Top 20.
Vaal Stereo het verlede week Spookasem in die Top 20 afgekondig in die nommer 15 posisie, en vanaand het omroeper Jacques Leo met Egmond gesels oor die liedjie se geskiedenis en die betekenis agter die woorde. Luister gerus na die stasie hier.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP RADIO LAEVELD
5 NOV ’24
Omroeper Charles spog met die nuwe treffer.
Egmond is terug op Radio Laeveld met die nuwe enkelsnit Spookasem. Hy gesels met die stasie oor die liedjie se lang proses om opgeneem te word en sy planne vir die toekoms, en omroeper Charles beveel die treffer aan vir die Top 20. Skakel hier in om die liedjie op Radio Laeveld te hoor.

SPOOKASEM ONDERHOUD OP OVERVAAL STEREO
5 NOV ’24
Die eerste onderhoud vir November is met omroeper Jacques Smith.
Overvaal Stereo gesels met Egmond oor Spookasem, die inspirasie vir die liedjie, wat die toekoms in hou en vele meer. Ondersteun die enkelsnit deur dit aan te vra. Luister hier na die stasie.

SPOOKASEM IS #15 OP VAAL STEREO TOP 20
31 OKT ’24
Die liedjie bereik nuwe hoogtes op die treffer parades.
Vaal Stereo het hul Top 20 bekend gemaak en Spookasem het die treffer parades betree in die nommer 15 posisie. Stem informasie vir die volgende week binnekort beskikbaar.

NASKRIF SKRYF OOR SPOOKASEM
31 OKT ’24
Die aanlyn tydskrif publiseer ‘n 2 bladsy artikel.
Bekende Afrikaanse digitale publikasie Naskrif het die persverklaring gedeel vir die nuwe liedjie Spookasem wat tans besig is om naam te maak regoor die land. Lees die artikel hier wat geplaas is met ‘n foto van die omslag so wel as agter die skerms tydens die stem opnames.

STEM VIR SPOOKASEM OP VAAL STEREO
29 OKT ’24
Die nuwe treffer is ‘n kandidaat vir die Top 20.
Die soetsappige Spookasem enkelsnit staan tans die kans om opgeneem te word op Vaal Stereo se Top 20. Stem vir die liedjie hier. Die sluitingsdatum is eerskomende Donderdag 31 Oktober 2024.

JOU STASIE ONDERHOUD
22 OKT ’24
Die tweede radio onderhoud oor die nuwe enkelsnit is met Rooies.
Spookasem is weer op die lug en word bespreek in ‘n nuwe onderhoud op Kaapse gunsteling Jou Stasie. Skakel hier in om 16:30 vandag.

RAMKAT RADIO ONDERHOUD
21 OKT ’24
Die eerste onderhoud vir die nuwe enkelsnit is ‘n uur lange geselsie.
Spookasem maak opslae en word bespreek in die eerste radio onderhoud wat die nuwe enkelsnit bemark. Die uur lange kuier met omroeper Ludwig Venter tydens die middag program “Op die Horison” saai om 16h00 uit en sluit nie net ‘n luister na die nuwe enkelsnit in nie, maar ook verskeie vorige treffers, insluitende Better Days, Kom Red My, Vlieg, Gee Voor Jy Groet en ‘n bonus snit van ‘n bekende popgroep wat genoem word in die nuwe stroopsoet treffer. Luister hier na die onderhoud.

SPOOKASEM HAAL 1K STREAMS OP SPOTIFY
16 OKT ’24
Die suikersoet treffer bereik nuwe hoogtes op die stroom platform.
Spookasem het gisteraand sy eerste duisend strome gehaal op die Spotify platform. Verskeie speellyste het reeds die liedjie geplaas, insluitende Spotify se eie Nuwe Afrikaans, en Maroela Media se Nuwe Liedjies speellys. Stroom Spookasem hier op Spotify.


SPOOKASEM PRONK OP GLANS
15 OKT ’24
Media gunsteling skryf oor nuwe enkelsnit.
Spookasem se nuwe persverklaring is ook op Glans gedeel vandag. Lees die artikel hier.

SPOOKASEM OP DIE WAARHEID MEDIA
14 OKT ’24
Nuwe suikersoet treffer beskryf as “eerste-soen-gevoel”.
Spookasem word geprys op Die Waarheid Media se webwerf in die nuwe persverklaring. Lees die artikel hier.

SPOOKASEM GELYS OP SPOTIFY SE NUWE AFRIKAANS PLAYSLIT
11 OKT ’24
Die nuwe treffer maak naam op Spotify.
Spookasem is die eerste treffer wat deur die Spotify editorial span gekies is om gelys te word onder hul playlist “Nuwe Afrikaans“. Die liedjie kan nou geluister word. Besoek die hoofblad vir verdere skakels of lees meer op die Spookasem blad.

SPOOKASEM NOU BESKIKBAAR
11 OKT ’24
Die nuwe suikersoet treffer is nou op alle digitale platforms.
Spookasem, die splinternuwe enkelsnit, is nou te koop en kan gratis gestroom word op Spotify, YouTube en meer. Die liedjie is in Australië geproduseer deur Sandy Robbie. Die musiek video premiere om 8vm vandag hier. Besoek die hoofblad vir skakels of lees meer op die Spookasem blad.

AGTER DIE SKERMS VAN SPOOKASEM
10 OKT ’24
Die kykie agter die skerms van die nuwe enkelsnit premiere vandag om 8vm.
Die opkomende soetsappige enkelsnit Spookasem wat more vrygestel word, is voorafgegaan deur ‘n video wat die kyker ‘n blik gee agter die skerms van die produksie en opnames daarvan. Die video het sy debuut gemaak op Egmond se offisiële YouTube kanaal. Kliek hier vir die eerste kykie na die suikersoet treffer.

MAAK GEREED VIR SPOOKASEM
25 SEP ’24
Die nuwe enkelsnit word uitgereik 11 Oktober 2024.
Die suikersoet Spookasem sal op digitale platforms beskikbaar wees vanaf jou plaaslike middernag om 11 Oktober 2024. Die musiek video sal om 8vm op Egmond se offisiële YouTube kanaal premiere. Kliek hier en stel jou notifikasies aan vir die prettige musiek video vir die nuwe treffer. Skakels om die enkelsnit te presave sal binnekort beskikbaar wees.

FINALE ONDERHOUD VIR EVERYTHING WE SAY MET RADIO OVERBERG OPPAD
25 JUL ’24
Egmond gesels met Anne-Marie Burger op 1 Augustus.
Die nuutste enkelsnit Everything We Say maak vir oulaas ‘n draai op radio in die vorm van ‘n onderhoud voordat promosie begin vir die volgende treffer Spookasem. Die bekende Radio Overberg saai op 1 Augustus 2024 om 10:15 ‘n nuwe onderhoud uit oor die dans remix, en sluit die 4 maande promosie veldtog af vir die liedjie wat ‘n gunsteling geword het op radios regoor die land. Skakel hier in om te luister.
UPDATE 1 AUG ’24: Luister hier na die onderhoud.

ONDERHOUD MET IMPALA RADIO EN SAWV SADFA RADIO
4 JUL ’24
Egmond gesels weer met omroeper Louwrens Pretorius.
Die sanger se nuutste onderhoud op Impala Internet Radio en SAWV SADF Radio het vanaand om 20:30 plaasgevind ter ondersteuning van die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Die geselsie het ook ‘n terugblik na die liedjieBetter Days gegee en dié se sukses op BBC6, asook verdere insig in wat volgende is vir die kunstenaar. Daar is uitgebrei oor die volgende Afrikaanse enkelsnit Spookasem wat tans in produksie is, en daar is genoem dat die opname daarna Aardbewing heet. Beide liedjies is afkomende van die opkomende EP tentatief getiteld Karnaval.

SPOOKASEM STEM OPNAMES
22 JUN ’24
Die veel bespiegelde enkelsnit is tans in produksie.
Daar word reeds sedert 2018 gepraat oor die liedjie Spookasem. Die liedjie, wat genoem was in die omslag boekie van die Sirkus Applous album, se produksie het reeds in September 2023 begin. Stem opnames vir die nuwe treffer is vandag in Egmond se tuis studio opgeneem, met verdere produksie en stem opnames vir Kaley wat in Australië plaasvind in die volgende paar weke. ‘n Agter die skerms video is ook verfilm en sal later uitgereik word. ‘n Moontlike uitreikings datum vir die liedjie word geskeduleer vir Augustus 2024.

LEKKER FM KUIER MET EGMOND
18 JUN ’24
Dinge raak baie lekker tydens die middag se Huistoe Gaan Tyd program met Fanus Pienaar.
Die nuwe remix enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) plaas Egmond weer op die radio golwe van Lekker FM, en ‘n nuwe onderhoud wat gevoer is met omroeper Fanus Pienaar saai vanmiddag om 15h40 uit op die stasie. Skakel in hier om te luister.

HARTIES FM GESELS OOR NUWE ENKELSNIT
17 JUN ’24
Die stasie waar dinge anders gedoen word klets met die pop-rocker.
Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) bereik nog luisteraars landswyd met die nuutste onderhoud op HartiesFM. Omroeper Simone Pretorius gesels met Egmond oor die remix treffer gedeel en speel die enkelsnit vir die eerste keer. Skakel hier in en en versoek die nuwe enkelsnit.

KOSMOS STEREO GESELS WEER MET EGMOND
10 JUN ’24
Die gemeenskaps-radio klets weer met die pop-rocker oor sy nuwe treffer.
Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) het op nog ‘n radio stasie ‘n draai gemaak vandag tydens ‘n nuwe onderhoud op Middelburg en Witbank se Kosmos Stereo. Tydens die kuiertjie met Johan Els het die sanger meer agtergrond oor die remix treffer gedeel en wat volgende in die pyplyn is. Skakel hier in en en versoek die nuwe enkelsnit.

EGMOND KUIER WEER OP JOURADIO
10 JUN ’24
Die Polokwane stasie gesels oor die nuutste enkelsnit.
Omroeper Rudoph Pretorius het die nuwe remix treffer Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) gespeel tydens ‘n nuwe onderhoud oor die Limpopo-gebore sanger. Die kuier het die nuwe treffer, die vorige treffer Ongelooflik, die volgende opname Spookasem en vele meer bespreek. Versoek die remix treffer nou en skakel in by die gewilde stasie in die noorde.

EERSTE ONDERHOUD OP ROSESTAD 100.6FM
31 MEI ’24
Skakel in vir Egmond se eerste onderhoud op dié Bloemfonteinse stasie.
Die Vrystaat se gewilde Rosestad 100.6FM voer eerskomende Saterdag 25 Mei om 13h30 ‘n onderhoud met die pop-rocker oor die nuwe remix treffer Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Skakel hier in om te luister na die onderhoud.
UPDATE 25 MEI 2024: Die onderhoud is uitgestel weens tegniese probleme en ‘n nuwe datum word eersdaags afgekondig.
UPDATE 31 MEI 2024: Die onderhoud se nuwe datum is Saterdag 8 Junie om 13h30.

ONGELOOFLIKE ONDERHOUD OP 96.1 OVERVAAL STEREO
28 MEI ’24
Die stasie wat ‘n Top 10 treffer gemaak het van Ongelooflik gesels weer met Egmond.
Die bekroonde radio stasie 96.1 Overvaal Stereo het ‘n bykans 10 minute lange onderhoud gevoer met Egmond oor sy nuwe enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Die stasie, wat reeds sedert 2023 die vorige treffers Ongelooflik en Pyn (beide ft Kaley) speel, het in diepte gesels oor sy passie vir musiek, skryf proses en die Australianer Kaley. Wys jou ondersteuning deur hier te luister. Die onderhoud is gevoer deur omroeper Jacques Smith.

VOLGENDE ONDERHOUD OP LUISTERFM
17 MEI ’24
Wees deel van die eerste onderhoud op dié stasie met Lesa-Maré eerskomene Woensdag.
Die gewilde Woensdag aand program, Klein Saterdag, met LuisterFM omroeper Lesa-Maré Harris, gaan die Woensdag 22 Mei om 18h40 die sanger se debuut op LuisterFM maak. Die nuwe remix treffer Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) sal ook sy premiere hê tydens die onderhoud. Skakel hier in om te luister na die onderhoud.

EGMOND IS TERUG OP RADIO LAEVELD
16 MEI ’24
Die sanger gesels weer met 100.5FM oor sy nuutse enkelsnit.
Die nuwe remix treffer Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) word vandag bespreek om 16h40 met omroepers Charles en Jo-Anne. Skakel hier in om te luister na die onderhoud.

EGMOND GESELS MET 90.6FM
15 MEI ’24
Die 15-minute onderhoud saai uit om 14h15 op die stasie.
Die stasie waar jy tuis voel het vandag ‘n onderhoud gevoer met Egmond oor die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Die lewendige gesprek met Daryl Grant het geiendig met Egmond wat die enkelsnit afgekondig het. Luister hier na 90.6FM en dring aan op Everything We Say.

TWEE NUWE ONDERHOUDE DIÉ DINSDAG
11 MEI ’24
Skakel in vir twee opwindende radio onderhoude hierdie Dinsdag 14 Mei.
Jou Radio en IFM 102.2 Radio saai hierdie Dinsdag 14 Mei 2024 splinternuwe onderhoude uit. Beide radio stasies wat reeds Egmond se enkelsnitte Pyn en Ongelooflik speel sedert vroeg 2023 debuteer die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). IFM se onderhoud word om 12h30 uitgesaai terwyl JouStasie uitgesaai word op 16h30. Skakel hier in vir IFM en hier in vir Jou Stasie.

ONDERHOUD OP RADIO NAMAKWALAND
3 MEI ’24
Die eerste onderhoud vir Mei word uitgesaai om 15h30.
Egmond se enkelsnitte Pyn en Ongelooflik speel al reeds sedert vroeg 2023 op die besondere radio stasie, en die sanger keer terug na Radio Namakwaland se golwe met die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Die liedjie se debuut gaan gepaard met ‘n onderhoud wat op 15h30 uitgesaai sal word. Skakel hier in.

ONDERHOUD OP SPRINGBOK INTERNET RADIO
30 APR ’24
Die eerste onderhoud vir 2024 vind plaas na die 19h00 nuus vanaand.
Maak seker jy skakel in vanaand op Springbok Internet Radio om te luister na Egmond se eerste onderhoud vir die jaar waar hy gesels oor die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) en meer! Skakel hier in.

EVERYTHING WE SAY PLAYS ON JOU STASIE
26 APR ’24
Another local radio station has added the new remix single to their playlist.
The Western Cape based Jou Stasie, with top talent Ian Müller (who previously also cameoed on the Ongelooflik (ft Kaley) single), has added Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) to their playlist. Tune in to Jou Stasie here.

GLANS SKRYF OOR NUWE REMIXES
24 APR ’24
Media gunsteling Glans Lewe deel die persverklaring vry.
Egmond verskyn weer op die Glans Lewe Facebook blad waar die persverklaring van die splinternuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) gedeel word. Lees die artikel hier en kontak Lydia Winchester vir meer inligting.

DIE WAARHEID MEDIA DEEL NUWE ENKELSNIT
23 APR ’24
Die nuusblad kondig aan “Egmond betower wéér met nuwe enkelsnit”.
Nog ‘n artikel verskyn aanlyn oor die splinternuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Lees die artikel hier en kontak Lydia Winchester vir meer inligting.

GALORE SA MEDIA RAPPORTEER OOR NUWE ENKELSNIT
21 APR ’24
Nog ‘n media platform stel die persverklaring vry oor Everything We Say.
Galore SA Media het die persverklaring gedeel oor die die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Lees die artikel hier en kontak Lydia Winchester vir meer inligting.

OLKA BOLKA RAPPORTEER OOR NUWE ENKELSNIT
20 APR ’24
Die psigedeliese elektroniese poprocker en liriekskrywer is weer terug op die voorblad.
Media gunsteling Miggie Krauspe se e-Tydskryf Olka Bolka deel die persverklaring van die nuwe remixes enkelsnit Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). Lees die artikel hier.

EVERYTHING WE SAY TO DEBUT ON DUTCH AIRWAVES TOMORROW
19 APR ’24
Egmond makes his return to radio airwaves in the Netherlands on 20 April.
Following the 2013 smash Kom Red My‘s debut on Dutch radio, Egmond returns to the European airwaves with the new remix single Everything We Say (ft Algorrid3m & Sandy Robbie). The station Streektaal Radio will premiere the track on Saturday. Tune in here.

EVERYTHING WE SAY ON SPRINGBOK INTERNET RADIO
19 APR ’24
The new remix single debuts on radio.
The remix single of Everything We Say made its official debut on Springbok Internet Radio today and has been added to the playlist of this radio station. Listeners of Springbok Internet Radio is already familiar with previous singles Ongelooflik and Pyn, who both featured Australian songbird Kaley. Tune in here to listen.

NEW REMIXES FOR EVERYTHING WE SAY OUT NOW
19 APR ’24
The co-lead single from Koeksister Pop gets two new remixes following the recent Better Days remix success.
It’s time to get your dance shoes out of the closet – a new single featuring two remixes of the hit Everything We Say is out today on all streaming platforms. The single, featuring Sandy Robbie and Algorrid3m, also boasts two new music videos, out now on YouTube.

SECOND MUSIC VIDEO FOR EVERYTHING WE SAY REMIXES SINGLE INCOMING FRIDAY
14 APR ’24
The Algorrid3m Remix also sports a music video that will debut April 19th.
Upon the release of the new remixes single for Everything We Say, a second music video will premiere on YouTube. The music video is for the Algorrid3m Remix, which is the second track available on the single. The footage filmed for the 2022 remake video has been used and features previously unseen recordings of the song. Turn on your notifications for the new video here.

EVERYTHING WE SAY REMIX MUSIC VIDEO OUT NOW
1 APR ’24
It’s no April-fools joke – the new music video for the remix of Everything We Say is out now.
The brand new music video for the upcoming remixes single is out now on YouTube. View the video here. The single is out April 19th.

MORS 20STE HERDENKING ENKELSNIT
10 FEB ’24
Die tweede Afrikaanse enkelsnit spog met ‘n nuwe herdenkings uitreiking.
Kort op die hakke van die onlangse 20ste herdenking van V’more, volg die feesvieringe van die 2de Afrikaanse enkelsnit Mors. Die treffer, wat by Renier Henn voltooi is in 2004, was die resultaat van ‘n kans ontmoeting by ‘n Adam Tas konsert, en die liedjie was die eerste produksie wat gevolg het. Die snit is op 10 Februarie 2024 uitgereik om die 20ste herdenking te vier. Daar is ook ‘n spesiale musiek video van die oorspronklike 2004 video uitgereik. Stroom/koop die enkelsnit hier.

BETTER DAYS ADDED TO PRESTIGOUS PLAYLIST
3 FEB ’24
The 2017 Algorrid3m Remix gets a second life on BBC 6’s Don Letts Spotify Playlist.
Brittish film director, DJ and musician, Don Letts, added the remixed version of Better Days, the #1 colab with Algorrid3m, to his Culture Clash Radio playlist on Spotify this past week. Save the playlist here and rediscover this hidden gem’s Algorrid3m Remix.
